R22,500,000

Farm for sale in Port Alfred

Pragplaas Te Koop Met Baie Water! Besproeiing Met Waterregte / Wildsplaas

Grootte: - Die hele plaas bestaan uit 4 titelaktes, wat saam 1 134 hektaar beslaan.

Ligging: - Die plaas is baie goed geleë in die Southwell-gebied, Port Alfred. 25 km vanaf Port Alfred, 25km van Kenton-on-Sea, 15 km van Bathurst, 35 km van Grahamstad. Grens aan die bekende Kowierivier wat later by Port Alfred in die see uitmond. Vorm deel van ‘n 45 000 ha bewaringsgebied.(Kowie/Kariega bewaararea). Besondere mooi plaas met volop geelhoutbome, aalwyne en visarende, 3 stroompies water wat deur plaas vloei, ratels, erdvarke, kroonarende, blouduikers en broodbome wat natuurlik voorkom.

Potensiaal: - Die plaas is ideaal geleë vir die uitvoermark, slegs 150 km van die naaste uitvoerhawens – Port Elizabeth en Oos-Londen. - Ideaal vir besproeiing, wildteling/jag en beeste. Sigorei (chicory) kan ook ‘n goeie inkomste bied, enigste fabriek in SA is slegs 50km van die plaas af. - Groot aantal wild lewer goeie jaginkomste - Ideaal vir eko-toerisme – groot aanvraag! - Kan ideaal wees vir oornag-akkommodasie – tekort aan akkommodasie in die gebied.

Water / Besproeiing:

Ongeveer 630 mm reën per jaar

535 214 m2 Waterregte wat uit twee damme besproei kan word. Hierdie 2 damme is 33 jaar gelede gemaak, walle ongeveer 150m lank en tot 30 meter diep – die damme was nog nooit weer leeg nie. - Kapasiteit van twee damme saam is ongeveer 600 000 m2 - Plek vir ‘n derde dam wat meer as 100 hektaar sal kan besproei op die plaas. - Die plaas het die potensiaal om 350 hektaar besproeiing te kan lewer indien nog damme gemaak word.

Eskom elektrisiteit by albei damme beskikbaar, asook twee ou pompkamers, een met twee ou 15 kw motors/pompe in. - Dam 1: 250 000 m3 water. - Dam 2: 350 000 m3 water. – Swartbaars in albei damme, asook kurpers in een dam– 5 ou sementdamme - Kowierivier vorm een grens van plaas. Sement keerwal in rivier, asook Eskom krag beskikbaar.(Geen transformer nie)

Eskom elektrisiteit by albei damme en rivier beskikbaar, asook twee ou pompkamers, een met twee 15 kw motors/pompe in. - Dam 1: 250 000 m3 water. -

Drakrag:

Die plaas het baie hoë drakrag, tussen 3 en 3.5 ha per GVE. Meeste lande se gras(Rhodes/Smutsvinger) is in saad.

Lande:

250 hektaar (meeste van die lande het Rhodes/Smutsvinger/Kikuyo gras op), wat na 350 hektaar uitgebrei kan word. Van die lande het ondergrondse pyplyne.

Lande wat toegespan is: nuwe 2.4 m heinings met 1.2 m varkdraad onderaan.

Veldkampe: nuwe 2.4m heinings met 1.2m varkdraad onderaan.

Veiligheid:

Huis 1:

Volle geëlektrifiseerde heining rondom erf.

Veiligheid: CCTV kameras wat die hele huis dek

Huis 2: - Volle geëlektrifiseerdevolle heining om erf.

CCTV kameras wat die hele huis buite dek.

Die hele area word gemonitor deur Panther sekuriteit (uitstekend!) en geen ernstige misdaad het nog hier voorgekom nie.

Alle ingangpaaie na die Southwell gebied word gemonitor deur kameras, so geen voertuie kan ongesiens die area binnekom nie.(Agri SA).

Verbeterings: Huis 1: - 3 Fase Eskomkrag - 4 Slaapkamer, 2 badkamer, eetkamer, sitkamer, kombuis en spens. - Ou swembad - Ou tennisbaan – 2 x Lugversorgers. Mooi tuin. - Groot stoor en ou buitegeboue. - Nuwe kantoor met badkamer. Kan ook as ‘n klein woonstel dien. - Aparte woonstel – word nuut oorgedoen. - Tuin ten volle verlig met ligte saans.

Huis 2: - Enkel Fase Eskomkrag - Huis met 4 Slaapkamers, 2 badkamers, groot kombuis, oopplan eetkamer en sitkamer – ongeveer 200 m². - Die huis het veiligheidskameras en veiligheidshekke, - Erf is ten volle geëlektrifiseer, boorgat en sonpaneel asook ou sement dam. - 3 x lugversorgers. LED ligte wat tuin verlig

ANDER: - 5 Arbeiders huisies van ongeveer 50 m2 elk met ‘n besonderse uitkyk oor die groot plaasdam, ideaal om te omskep in oornag eenhede. Toegerus met Eskom krag. - Daar is ook 2 kleiner strukture en ‘n klein struktuur by die dam met twee kamers. Verskeie klein gronddamme/walletjies. – ou beeskraal en geboude dip. - Laaiplek vir wild/beeste – Skietbaan. Twee store, een medium, een groot. - Groot aantal sementkrippe en damme versprei oor die plaas. - Sement bruggies oor stroompies - 2.4 m hoë nuwe Wildheinings van ongeveer 15 km - Volledige buiteheining van 2.4 m met CAE sertifikaat. Buiteheining 18.3 km - ongeveer 6 hektaar neutbome, (Beaumont). Bome is ongeveer 10 jaar en ouer.

Wild (getalle is ongeveer): Wild: - 6 Elande - 3 Gemsbokke - 22 Buffels - 80 Waterbokke, 200 Rooibokke 50 Bosbokke - 20 Njalas - 6 Kameelperde - 3 Swartwitpense vroulik 20 Rooi hartbeeste 14 Zebras - 25 Rooiribbokke. - 20 koedoes - Ander wild – Blouduiker, Grysbokkie, Gewone duiker, Vlakvark, Bosvark, Groot Otter, Ratel, Jakkals, Rooikat, Erdvark ens. Voëls – Kroonarend, Visarend, Knysna Loerie ens. Let wel: getalle mag verskil. Telling is gedoen in 2019

Port Alfred: - Dis ‘n baie gewilde area onder buitelanders asook plaaslike toeriste. - Beskik oor moderne winkelsentrums, Hospitaal, uitstekende skole, 43 Vliegskool en Stenden Universiteitskampus, verskeie aftree-oorde. - Pragtige skoon dorp - 150 km vanaf lughawens (Port Elizabeth en Oos-Londen), 35 km van Grahamstad, 25 km vanaf Kenton-on-Sea en 10 km van Bathurst. - Gematigde klimaat.

NOTA: Plase soos hierdie kom selde in die mark. Vorige twee eienaars het die plaas elk 40 jaar besit. Die plaas leen hom toe tot ‘n groot verskeidenheid moontlikhede agv die ligging en die waterregte.

Property Type
Farm
Stand Size
1,134ha
Study
1
Pool
Yes
Cattle Farm;Irrigation Farm;Game Farm;Lodge;Fractional Ownership;Ame Breeding Farm;River Frontage;Equipped Boreholes;
Yes
Pets Allowed
Yes
Like this Farm? Based on the bond repayments Get pre-qualified
Get to know Port Alfred
The historically beautiful town of Port Alfred is a delightful mixture of laid-back coastal living and world-class facilities.
Contact Agent
or
Save
Email me similiar properties View similiar properties near this one
farm listed on 22 May 2020